1‘n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde!"
2Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel."
3Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide."
4Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam."
5Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag."
You have read Psalms 100
5 verses