Lumina
Job

Leviathan

Job 41·Afrikaans Bible

1(40:20) Kan jy die krokodil met ‘n hoek uittrek? En met ‘n tou sy tong afdruk?"

2(40:21) Kan jy ‘n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met ‘n haak deurboor?"

3(40:22) Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?"

4(40:23 Sal hy ‘n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?"

5(40:24) Sal jy met hom soos met ‘n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders?"

Job 41 illustration - Job Chapter 41

6(40:25) Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans?"

7(40:26) Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met ‘n vissersharpoen sy kop?"

8(40:27) Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie."

9(40:28) Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal ‘n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie?"

10(41:1) Niemand is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou?"

Job 41 illustration - Job Chapter 41

11(41:2) Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne."

12(41:3) Ek wil nie swyg oor sy lede en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie."

13(41:4) Wie het die boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbele gebit—wie kan daarin deurdring?"

14(41:5) Die deure van sy gesig—wie het dit geopen? Rondom sy tande is verskrikking."

15(41:6) ‘n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseël met ‘n vaste seël."

Job 41 illustration - Job Chapter 41

16(41:7) Die een is so naby die ander, dat die wind daar nie tussenin kan kom nie."

17(41:8) Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar."

18(41:9) Sy genies laat lig skitter, en sy oë is soos die ooglede van die dageraad."

19(41:10) Uit sy mond kom fakkels, spat vuurvonke uit."

20(41:11) Uit sy neusgate kom rook, soos uit ‘n kokende pot met biesiesvuur daarby."

Job 41 illustration - Job Chapter 41

21(41:12) Sy asem laat kole ontvlam, en ‘n vlam gaan uit sy mond."

22(41:13) In sy nek woon sterkte, en voor hom uit spring ontsteltenis."

23(41:14) Die klompe van sy vleis is vas aanmekaar, aan hom vasgegiet, onbeweeglik."

24(41:15) Sy hart is hard soos ‘n klip, ja, hard soos die onderste meulsteen."

25(41:16) As hy hom oplig, word die magtiges bang; van verbystering raak hulle buite hulself."

Job 41 illustration - Job Chapter 41

26(41:17) Raak iemand hom met die swaard—dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie."

27(41:18) Yster is vir hom soos strooi; koper soos hout wat vergaan het."

28(41:19) Die pyl laat hom nie vlug nie; slingerstene word vir hom soos stoppels."

29(41:20) Knopkieries is vir hom soos stoppels, en hy lag oor die gesuis van die lans."

30(41:21) Onderaan hom is spits skerwe: hy sprei ‘n ware dorsslee uit op die modder."

Job 41 illustration - Job Chapter 41

31(41:22) Hy laat die diepte kook soos ‘n pot; die waterplas maak by soos ‘n kokende salfpot."

32(41:23) Agter hom verlig hy die pad: ‘n mens sou die watervloed aansien vir grys hare."

33(41:24) Sy gelyke is daar op die aarde nie, die skepsel sonder vrees."

34(41:25) Hy kyk alles aan wat hoog is; hy is koning oor al die trotse roofdiere."

Chapter Complete

You have read Job 41

34 verses