Lumina
Job

Behemoth

Job 40·Afrikaans Bible

1(39:34) En die HERE het Job geantwoord en gesê:"

2(39:35) Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord!"

3(39:36) Toe het Job die HERE geantwoord en gesê:"

4(39:37) Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond."

5(39:38) Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie."

Job 40 illustration - Job Chapter 40

6(40:1) En die HERE het Job uit ‘n storm geantwoord en gesê:"

7(40:2) Gord tog jou heupe soos ‘n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My."

8(40:3) Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?"

9(40:4) Het jy dan ‘n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?"

10(40:5) Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!"

Job 40 illustration - Job Chapter 40

11(40:6) Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit."

12(40:7) Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan."

13(40:8) Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in ‘n verborge plek weg."

14(40:9) Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee."

15(40:10) Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos ‘n bees."

Job 40 illustration - Job Chapter 40

16(40:11) Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik."

17(40:12) Hy hou sy stert reguit soos ‘n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg."

18(40:13) Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster."

19(40:14) Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf."

20(40:15) Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar."

Job 40 illustration - Job Chapter 40

21(40:16) Onder lotusbome lê hy, in ‘n skuilplek van riete en moeras."

22(40:17) Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom."

23(40:18) As die rivier swel—hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis ‘n Jordaan teen sy mond."

24(40:19) Sal ‘n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?"

Chapter Complete

You have read Job 40

24 verses