Lumina
Job

Wonders of Creation

Job 39·Afrikaans Bible

1(39:4) Weet jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring?"

2(39:5) Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?"

3(39:6) Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort—weg is hulle weë!"

4(39:7) Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie."

5(39:8) Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak?"

Job 39 illustration - Job Chapter 39

6(39:9) Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek."

7(39:10) Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie."

8(39:11) Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit."

9(39:12) Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?"

10(39:13) Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?"

Job 39 illustration - Job Chapter 39

11(39:14) Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat?"

12(39:15) Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?"

13(39:16) Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is dit ‘n sagaardige vleuel en veer?"

14(39:17) Want sy laat haar eiers op die grond lê en hou hulle warm op die grond;"

15(39:18) en vergeet dat ‘n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap."

Job 39 illustration - Job Chapter 39

16(39:19) Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs—sy is nie bekommerd nie."

17(39:20) Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie."

18(39:21) Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter."

19(39:22) Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?"

20(39:23) Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is ‘n verskrikking."

Job 39 illustration - Job Chapter 39

21(39:24) Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet."

22(39:25) Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie."

23(39:26) Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans."

24(39:27) Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie."

25(39:28) By elke basuinstoot sê hy: Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu."

Job 39 illustration - Job Chapter 39

26(39:29) Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe?"

27(39:30) Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes?"

28(39:31) Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting."

29(39:32) Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte."

30(39:33) Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy."

Chapter Complete

You have read Job 39

30 verses