Lumina
Job

Job's Integrity

Job 27·Afrikaans Bible

1En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:"

2So waar as God leef wat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het—"

3want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus—"

4my lippe spreek geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog nie!"

5Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie."

Job 27 illustration - Job Chapter 27

6Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart veroordeel geeneen van my dae nie."

7My vyand moet dus verskyn as goddelose en my teëstander as kwaaddoener."

8Want wat is die verwagting van die goddelose as Hy afsny—as God sy siel wegneem?"

9Sal God sy geroep hoor as benoudheid oor hom kom?"

10Of sal hy hom kan verlustig in die Almagtige, God altyd kan aanroep?"

Job 27 illustration - Job Chapter 27

11Ek sal julle onderrig aangaande die hand van God; wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie."

12Kyk, julle het dit almal self aanskou, en waarom koester julle dan ‘n ydele hoop?"

13Dít is die deel van die goddelose mens by God en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagtige ontvang:"

14as sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie."

15Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, en sy weduwees ween nie."

Job 27 illustration - Job Chapter 27

16As hy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder—"

17hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer."

18Hy het sy huis gebou soos ‘n mot en soos ‘n skerm wat die oppasser maak."

19Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en—is nie meer nie."

20Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer ‘n stormwind hom weg."

Job 27 illustration - Job Chapter 27

21Die oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek."

22En God werp op hom af sonder verskoning, vir sy hand moet hy haastig vlug."

23Hulle klap oor hom in hul hande en spot hom weg uit sy plek."

Chapter Complete

You have read Job 27

23 verses