Lumina
Job

Bildad's Second Speech

Job 18·Afrikaans Bible

1Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:"

2Hoe lank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek."

3Waarom word ons as vee gereken, is ons dom in julle oë?"

4Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn—sal om jou ontwil die aarde verlate wees of ‘n rots uit sy plek versit word?"

5Ja, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie."

Job 18 illustration - Job Chapter 18

6Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood."

7Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver."

8Want hy raak in ‘n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van ‘n vangkuil."

9‘n Vangnet gryp sy hakskeen, ‘n strik hou hom vas."

10‘n Tou is vir hom verberg in die grond en ‘n valstrik vir hom op die pad."

Job 18 illustration - Job Chapter 18

11Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan."

12Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val."

13Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede."

14Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge."

15Daar woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning."

Job 18 illustration - Job Chapter 18

16Onder verdroog sy wortels, en bo verwelk sy tak."

17Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie."

18Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom."

19Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie."

20Oor sy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mense van die Ooste aan."

Job 18 illustration - Job Chapter 18

21Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die plek van hom wat God nie ken nie."

Chapter Complete

You have read Job 18

21 verses