Lumina
Isaiah

Song of Praise

Isaiah 12·Afrikaans Bible

1En in dié dag sal jy sê: Ek dank U, HERE, dat U toornig op my gewees het; u toorn is afgewend, en U het my vertroos."

2Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die HERE HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword."

3En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil."

4En julle sal in dié dag sê: Dank die HERE, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is!"

5Psalmsing tot eer van die HERE, want Hy het heerlike dinge gedoen; laat dit bekend wees op die hele aarde."

Isaiah 12 illustration - Isaiah Chapter 12

6Juig en jubel, o inwoners van Sion! Want die Heilige van Israel is groot in julle midde."

Chapter Complete

You have read Isaiah 12

6 verses