Lumina
Hosea

God's Love for Israel

Hosea 11·Afrikaans Bible

1Toe Israel ‘n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep."

2Hoe meer die profete hulle geroep het, des te meer het hulle van húlle af weggeloop; hulle het aan die Baäls geoffer en vir die gesnede beelde rook laat opgaan."

3En Ek self het Efraim leer loop. Hy het hulle op sy arms geneem, maar hulle het nie erken dat Ek hulle genees het nie."

4Met mensebande, met koorde van liefde het Ek hulle getrek; en Ek was vir hulle soos diegene wat die juk van hulle kakebeen af oplig; en Ek het My na hom neergebuig, Ek het hom voedsel gegee."

5Hy sal na Egipteland nie terugkeer nie, maar Assur—dié sal sy koning wees; omdat hulle geweier het om hulle te bekeer."

Hosea 11 illustration - Hosea Chapter 11

6En die swaard sal geswaai word in sy stede en sy grendels vernietig en verteer weens hulle planne."

7Want my volk dwing om van My afvallig te word; en as die profete hom roep na bo, rig hy hom glad nie op nie."

8Hoe kan Ek jou oorgee, o Efraim, jou prysgee, o Israel? Hoe kan Ek jou maak soos Adma, jou gelykstel met Seboïm: my hart is omgekeer in My, tegelykertyd is my medelyde opgewek."

9Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie; want Ek is God en nie ‘n mens nie, die Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in grimmigheid nie."

10Hulle sal agter die HERE aan trek; Hy sal brul soos ‘n leeu. Want Hy sal brul, en die kinders sal met siddering van die seekant aankom."

Hosea 11 illustration - Hosea Chapter 11

11Hulle sal sidderende aankom soos ‘n voëltjie uit Egipte en soos ‘n duif uit die land Assur; en Ek sal hulle laat woon in hulle huise, spreek die HERE."

12(12:1) Efraim het My omsingel met leuens, en die huis van Israel met bedrog; terwyl Juda nog altyd bandeloos is teenoor God, ja, teenoor die Allerheiligste, die Getroue."

Chapter Complete

You have read Hosea 11

12 verses