Lumina
1Chronicles

Die Tempelmusici

1Chronicles 25·Afrikaans Bible

1En Dawid en die leërowerstes het vir die diens die seuns van Asaf en Heman en Jedútun afgesonder, wat op siters en op harpe en op simbale besield gespeel het, en die getal van hulle wat die werk volgens hulle diens gedoen het, was—"

2van die seuns van Asaf: Sakkur en Josef en Netánja en Asaréla, die seuns van Asaf; onder leiding van Asaf wat volgens aanwysing van die koning besield gespeel het."

3Van Jedútun, die seuns van Jedútun was Gedálja en Seri en Jesaja, Hasábja, Símeï en Mattítja, ses, onder leiding van hulle vader Jedútun wat op die siter besield gespeel het by die loof en prys van die HERE;"

4van Heman, die seuns van Heman was Bukkía, Mattánja, Ussiël, Sébuel en Jérimot, Hanánja, Hanáni, Eliáta, Giddálti en Romámti-Eser, Josbekása, Mallóti, Hotir, Mahásiot."

5Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in die woorde van God. Om hom te versterk, het God aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee."

1Chronicles 25 illustration - 1Chronicles Chapter 25

6Hulle almal was onder leiding van hulle vader by die gesang in die huis van die HERE, met simbale, harpe en siters, vir die diens in die huis van God volgens aanwysing van die koning: Asaf en Jedútun en Heman."

7En hulle getal saam met hulle broers wat geoefend was in die gesang tot eer van die HERE, almal meesters, was twee honderd agt en tagtig."

8En hulle het die lot gewerp vir die reëling van die diens, die kleinste net soos die grootste, die meester saam met die leerling."

9En die eerste lot het uitgekom vir Asaf, naamlik vir Josef; die tweede vir Gedálja; hy en sy broers en sy seuns was twaalf;"

10die derde vir Sakkur; sy seuns en sy broers, twaalf;"

1Chronicles 25 illustration - 1Chronicles Chapter 25

11die vierde vir Jisri; sy seuns en sy broers, twaalf;"

12die vyfde vir Netánja; sy seuns en sy broers, twaalf;"

13die sesde vir Bukkía; sy seuns en sy broers, twaalf;"

14die sewende vir Jesaréla; sy seuns en sy broers, twaalf;"

15die agtste vir Jesaja; sy seuns en sy broers, twaalf;"

1Chronicles 25 illustration - 1Chronicles Chapter 25

16die negende vir Mattánja; sy seuns en sy broers, twaalf;"

17die tiende vir Símeï; sy seuns en sy broers, twaalf;"

18die elfde vir Asáreël; sy seuns en sy broers, twaalf;"

19die twaalfde vir Hasábja; sy seuns en sy broers, twaalf;"

20die dertiende vir Súbael; sy seuns en sy broers, twaalf;"

1Chronicles 25 illustration - 1Chronicles Chapter 25

21die veertiende vir Mattítja; sy seuns en sy broers, twaalf;"

22die vyftiende vir Jéremot; sy seuns en sy broers, twaalf;"

23die sestiende vir Hanánja; sy seuns en sy broers, twaalf;"

24die sewentiende vir Josbekása; sy seuns en sy broers, twaalf;"

25die agttiende vir Hanáni; sy seuns en sy broers, twaalf;"

1Chronicles 25 illustration - 1Chronicles Chapter 25

26die negentiende vir Mallóti; sy seuns en sy broers, twaalf;"

27die twintigste vir Eliáta; sy seuns en sy broers, twaalf;"

28die een en twintigste vir Hotir; sy seuns en sy broers, twaalf;"

29die twee en twintigste vir Giddálti; sy seuns en sy broers, twaalf;"

30die drie en twintigste vir Mahásiot; sy seuns en sy broers, twaalf;"

1Chronicles 25 illustration - 1Chronicles Chapter 25

31die vier en twintigste vir Romámti-Eser; sy seuns en sy broers, twaalf."

Chapter Complete

You have read 1Chronicles 25

31 verses